TuisWerfkaartBybelBeginselsBelangrike DingeVerwysingsKommentaarKontak KenmerkeBekeringDiensbaarheidIdentiteitKerkismeSoekeTerugslaeOpstandingReddingVerlossingVrugteWaarheidWare Jesus

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Beginsels

Teaching them to obserue all things, whatsoeuer I haue commanded you: and lo, I am with you alway,
vntill the ende of the worlde, Amen.
Matthew 28:20 ― Geneva Bible 1599

Deur die eeue was daar gedurig vrae oor Christene en hul geloof. Hieronder word 'n paar sulke belangrike vrae beantwoord.

Vrae en Antwoorde:

  • Vraag: Wat is 'n Christen?
    Antwoord: Christene is persone wat tot die geloof in Jesus Christus gekom het. Hulle glo aan die sondeval en dat daar maar een Redder is, naamlik Jesus Christus.
  • Vraag: Wie is Christene?
    Antwoord: Dit is persone wat hulle alles toewy aan God en dit uitleef in hul lewens deur dankbaarheidsvrugte te dra. Hulle glo aan God die Vader, Jesus Christus die Eniggebore Seun van God en in die Heilige Gees.
  • Vraag: Wie is die hoof van Christene?
    Antwoord: Jesus Christus is die Leier, Koning en Raadsman van Christene. Hy is totaal en al toegewy om die eer van God die Vader te verheerlik.
  • Vraag: Wat is Christenskap?
    Antwoord: Christenskap is vanaf die moment wat jy bekeer het en wedergebore word. Dit is die begin van 'n wonderlike avontuur waar jy God in 'n persoonlike en permanente liefdesverhouding leer ken. Dit is dus 'n verhouding nie 'n godsdiens of sakrament nie.
  • Vraag: Waarom 'n Christen word?
    Antwoord: Alle mense is sondig en het geen manier om hul sondes ongedaan te maak nie. Ons sonde verwyder ons van God en ons verhouding is gebreek met die Here. Sondaars het geen manier om hul verhouding met God te herstel nie. Sondaars is verdoem tot die verderf en die enigste manier om uit daardie dilemma te kom, is om 'n ware Saligmaker en Redder te hê. Christenskap bied so 'n Redder aan, naamlik ons Here Jesus Christus.
  • Vraag: Hoe kan ek 'n Christen word?
    Antwoord: Jy kan 'n Christen word deur te bekeer en jou wese voor God se altaar te lê deur die Woord van God te glo dat Jesus Christus die enigste Weg is. Jesus het vir die hele wêreld se sondes gesterf om ons silwerskoon te was, maar Hy dwing niemand om vir Hom te kies nie. Nee, met 'n sagte roepstem gee Hy ons vrye keuse. Die tyd om te kies is nou.
    Lees Johannes 3. Dit is 'n waardevolle gedeelte om na te gaan en in te neem.

John 3:15-18, 36 ― Geneva Bible 1599

15   That whosoeuer beleeueth in Him, shoulde not perish, but haue eternall life.

16   For God so loued the worlde, that Hee hath giuen His onely begotten Sonne, that whosoeuer beleeueth in Him, should not perish, but haue euerlasting life.

17   For God sent not His Sonne into the world, that He should condemne the world, but that the world through Him might be saued.

18   Hee that beleeueth in Him, is not condemned: but hee that beleeueth not, is condemned already, because he hath not beleeued in the Name of that onely begotten Sonne of God.

 

36 Hee that beleeueth in the Sonne, hath euerlasting life, and hee that obeyeth not the Sonne, shall not see life, but the wrath of God abideth on him.

Dit is wat hierdie boostaande Bybelgedeelte en ook dele van Johannes 3 ons leer.

  • Ek moet in Jesus Christus glo
  • Ek moet die innig, opregte keuse maak om my eie ekke weg te skuif en Christus te verheerlik (Johannes 3:30)
  • Ek moet wedergebore word (Johannes 3:3-7)
  • Ek moet ten volle gehoorsaam wees aan Jesus
    (Johannes 3:36)

Gaan nou en dóén wat jy in geloof weet jy uit Johannes geleer het.

 

 

Christelike beginsels sluit alles in ons lewens in. Hier is nog 'n aantal onderwerpe om na te kyk:

 

 

 

Tuis
Werfkaart
Bybel
Beginsels
Belangrike Dinge
Verwysings
Kommentaar
Kontak

Op
Kenmerke
Bekering
Diensbaarheid
Identiteit
Kerkisme
Soeke
Terugslae
Opstanding
Redding
Verlossing
Vrugte
Waarheid
Ware Jesus

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

Swallow Software

Bekering

Bybelteks

Bible Text

Kaleidoskoop

ARK Webontwerp © 2022  ARK Web Design © 2023