TuisKenmerkeBekeringDiensbaarheidIdentiteitKerkismeSoekeTerugslaeOpstandingReddingVerlossingVrugteWaarheidWare Jesus

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

 

 

Bekering

Om beter te verstaan wat Bekering beteken, lees asseblief telkens die Bybelgedeeltes wat aangedui word.

  • Romans 10:17 ― Geneva Bible 1599
    17   Then faith is by hearing, and hearing by the worde of God.
    Hoor die Here want Hy roep na jou om jou siel te red.
     
  • Mark 16:16 ― Geneva Bible 1599
    He that shall beleeue and be baptized, shalbe saued: but he that will not beleeue, shalbe damned.
    Hoor die Here en gló Hom
     
  • Acts 2:38-39 ― Geneva Bible 1599
    38   Then Peter said vnto them, Amend your liues, and bee baptized euery one of you in the Name of Iesus Christ for the remission of sinnes: and ye shall receiue the gift of the holy Ghost.

    39   For the promise is made vnto you, and to your children, and to all that are a farre off, euen as many as the Lord our God shall call.
    H
    oor die Here en gló Hom. Bekeer (Draai weg en het berou) vir sondes teen Hom.
     
  • Acts 8:36-38 ― Geneva Bible 1599
    36   And as they went on their way, they came vnto a certaine water, and the Eunuche said, See, here is water: what doeth let me to be baptized?

    37   And Philippe said vnto him, If thou beleeuest with all thine heart, thou mayest. Then he answered, and saide, I beleeue that that Iesus Christ is that Sonne of God.

    38   Then he commanded the charet to stand stil: and they went downe both into the water, both Philip and the Eunuche, and he baptized him.
    Belei Hom en wees gedoop in Hom.

Wat is bekering?

Bekering is om die sonde wat ons voorheen so erg liefgehad het, te verlaat. Dit doen ons deur te toon dat ons uiters gegrief is daardeur en te sorg dat ons dit nie meer doen nie.

Die Here is getrou. Keer terug na die Skepper, die Herder van jou lewe, want God het jou lief en wil nie dat enige een verlore gaan nie.

Wanneer die Here ons na bekering en wedergeboorte lei, is dit die mees wonderlikste ding wat ons kan oorkom. Soos Jesaja 58:8 dit stel. (Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. Ou Afrikaanse vertaling 1933)

Wanneer 'n mens se persoonlike verhouding met sy/haar Skepper herstel is, is daar geen groter vreugde nie.

Soek die Here, draai weg van die sonde, neem Jesus aan en word wedergebore. Lees Johannes 3 volledig.

As jy afgedwaal het, keer terug na Hom, want Jesus is die enigste Weg.

Dink jy, jy het bekering nie nodig nie? Glo my, die mens het Jesus Christus baie, BAIE nodig.

Die grootste leuens is dié wat ons onsself vertel. Hier is 'n paar voorbeelde:

  • Ons kan wegkruip vir God
  • Ons bly baie besig, sodat ons nie ons vrese en die waarheid konfronteer nie
  • Ons probeer om skuld uit ons verstand te skuif.
  • Ons lei ons gedagtes af met vermaak. Ja, ons "vermaak" onsself met agterlike sondige dinge wat die Here Jesus se hart seer maak

Weet dat bogenoemde en talle soortgelyke dinge jou nie sal beskrem teen die ewige verderf nie. Galasiërs 6:7 sê dat ons nie mislei moet word nie, want wat 'n mens saai, sal jy ook maai. Die Here laat nie met Hom spot nie. Jesus is die Enigste Redder en Middelaar wat jou uit jou huidige en toekomstige dilemmas kan help.

Dink jy ernstig oor jou lewe, maar het nog nooit jou lewe aan God toegewei nie? Sien jy die pragtige, wonderbaarlike verskil wat Christenskap in andere se lewens gemaak het? Soek jy ook daardie vervulling in jóú lewe, maar het nog altyd gesukkel, omdat jy skaam is, of nie weet wat om te doen nie? Wees verseker, die Skepper van die heelal sien en weet dit alles.

In Openbaring 3:19 staan daar: Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Ek pleit by jou, roep die Here aan en gee jou hart vir God, voor dit te laat is.

"The Cross is die danger signal to you. It warns you that if God spared not His only Son, He will not spare you. It is the lighthouse set on the rocks of sin to warn you that swift and sure destruction awaits you if you continue to rebel against the Lord."
(Charles Spurgeon)

Wil jy graag, na alles wat jy nou gelees het, sommer dadelik, hier en nou, 'n oorgawe maak aan Jesus Christus en Hom die Koning van jou lewe maak? Bid dan 'n gebed en vra Hom om jou te red en jou te help om weg te draai van al die ongure sondes in jou lewe. Treur en huil oor jou sondes, want hulle lei net tot die dood en ewige verderf. Met opregtheid in die hart en geloof in Jesus en wat Hy vir jou wou doen, sal jou lewe geheel en al verander.

Bid byvoorbeeld iets soos die volgende.

Liewe Heer, ek erken met berou in my hart dat ek gesondig het en 'n sondaar is. Ek wil nie meer die ou sondige dinge doen en uitleef nie, maar wil voortaan vir U leef. Ek glo dat Jesus Christus in my plek gesterf het en die volle boete betaal het vir my sondes. Ek wil nie een moment meer so leef nie en wil hier en nou wegdraai van my aaklige sondes en Jesus as my Herder, Koning en my persoonlike Saligmaker aanneem. Ek wei my nou toe aan U en vra U om die Heilige Gees in my en alles in my lewe te stuur, om my te vul en om van nou af beheer oor my te hê. Laat U Gees my help om die mens te word wat U wil hê ek moet wees. Laat my groei in geloof en heiligheid tot eer van U Naam. Dankie Vader vir U groot liefde en genade. In Jesus se Naam. Amen

Lees ook Psalm 19

Psalms 19:12-14 ― Geneva Bible 1599
12   Who can vnderstand his faultes? clense me from secret fautes.

13   Keepe Thy seruant also from presumptuous sinnes: let them not reigne ouer me: so shall I be vpright, and made cleane from much wickednes.

14   Let the wordes of my mouth, and the meditation of mine heart be acceptable in Thy sight, O Lord, my strength, and my Redeemer.

Vir inligting oor Bybelbegrippe soos geloof, redding, wedergeboorte, vergifnis ens. besoek gerus ook enige van die onderstaande skakels by die Bekeringswebtuiste:

 

 

 

Tuis
Kenmerke
Bekering
Diensbaarheid
Identiteit
Kerkisme
Soeke
Terugslae
Opstanding
Redding
Verlossing
Vrugte
Waarheid
Ware Jesus

Op

TuisKenmerkeBekeringDiensbaarheidIdentiteitKerkismeSoekeTerugslaeOpstandingReddingVerlossingVrugteWaarheidWare Jesus

 

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Klein Advertensies

Swallow Software

Bekering

Bybelteks

Bible Text

Kaleidoskoop

ARK Webontwerp © 2022  ARK Web Design © 2023